The Lord of the Flies contains many examples of symbolism which Golding has incorporated to show a deeper level to the main, mostly straightforward, storyline that reveals his thoughts on the nature of humanity and evil. |
Die Ryk van Vlieë bevat baie voorbeelde van simboliek wat Golding ingekorporeer het om die dieper vlak van die eenvoudige hoofstorielyn uit te lig. So ontbloot hy sy gedagtes oor die natuur van menslikheid en kwaad. |
Below are some of the main symbols used in the book, but there are plenty more for you to discover yourself. |
Hieronder is 'n paar van die belangrike simbole wat gebruik word in die boek, maar daar is nog baie meer wat jy self kan ontdek. |
Among such symbols may be included such small or natural seeming events like the coral reef, (Submarine warfare, surrounding of Britain by German U-boats?) or the "great fire", which may represent the first world war, ("We shall never commit to this savagery again"). |
Tussen hierdie simbole kan soortgelyke klein of oënskynlik natuurlike gebeure soos die koraalrif, (ondersese oorlogvoering in Britanje deur Duitse U-bote?) of die "groot vuur", wat moontlik die eerste wêreldoorlog kan verteenwoordig, ("Ons sal nooit weer hierdie barbaarsheid pleeg nie"), ingesluit word. |
Blood is another symbol Golding uses extensively, although what he uses it for is open to interpretation. |
Bloed is nog 'n simbool wat Golding breedvoerig gebruik, hoewel die rede daarvoor oop is vir interpretasie. |
The different styles of leadership shown by Jack and Ralph symbolize democracy and dictatorship, much like as depicted in George Orwell's Animal Farm where he used pigs to symbolize the USSR's communist leaders. |
Die verskillende leierskapstyle wat gesien kan word in Jack en Ralph simboliseer demokrasie en diktatorskap. Dit stem ooreen met wat uitgebeeld word in George Orwell se Diereplaas waar hy die idee van varke gebruik om die USSR se kommunistiese leiers te simboliseer. |
The imaginary beast that frightens all the boys stands for the primal instinct of savagery that exists within all human beings. |
Die denkbeeldige ondier wat al die seuns skrikmaak beeld die oerinstink van barbaarsheid wat in elke mens is, uit. |
The boys are afraid of the beast, but only Simon reaches the realization that they fear the beast because it exists within each of them. |
Die seuns is bang vir die ondier, maar net Simon begryp dat hulle die ondier vrees omdat dit self binne-in hulle elkeen bestaan. |
As the boys grow more savage, their belief in the beast grows stronger. |
Soos wat die seuns meer barbaars raak, word hulle geloof in die ondier sterker. |
By the end of the novel, the boys are leaving it sacrifices and treating it as a totemic god. |
Aan die einde van die roman, verlaat die seuns dit deur dit te offer en te behandel as 'n afgod. |
The boys’ behavior is what brings the beast into existence, so the more savagely the boys act, the more real the beast seems to become. |
Die seuns se gedrag bring die ondier uit, so hoe meer barbaars die seuns optree, hoe werkliker word die ondier. |
The boys "become" the beast when they kill Simon. |
Die seuns "word" die ondier wanneer hulle Simon doodmaak. |
Golding describes the savages' behavior as animal like; the savages dropped their spears (man's tool) and "screamed, struck, bit, tore. There were no words, and no movements but the tearing of teeth and claws." |
Golding beskryf die barbaarse gedrag as dierlik; die barbare het hulle spiese ('n man se wapen) laat val en "geskree, gepluk, gebyt, geskeur. Daar was geen woorde en geen bewegings nie behalwe die geskeur van tande en kloue." |